Tadjikistan

Republiek van Tadjikistan
  • Ҷумҳурии Тоҷикистон /
    Çumhuriji Toçikiston
      (Tadjiks)
Vlag van Tadjikistan Embleem van Tadjikistan
Vlag Embleem
Volkslied: Surudi Milli
(Tadjiks vir: "Ons geliefde land")
Ligging van Tadjikistan
Hoofstad Doesjanbe

38°33′N 68°48′O / 38.550°N 68.800°O / 38.550; 68.800

Grootste stad Doesjanbe
Amptelike tale Tadjiks
Regering Dominante party
semi-presidensiële republiek
Emomali Rahmon
Kokhir Rasulzoda
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
Tadjikse SSR
• Verklaar
• Erken

van die Sowjetunie
5 Desember 1929
9 September 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
143 100 km2  (96ste)
55 251 myl2
1,8
Bevolking
 - 2013-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
8 000 000[1] (98ste)
7 564 500
48,6 / km2 (155ste)
125,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$17,555 miljoen[2] (128ste)
$2 247[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

$8,572 miljoen[2] (136ste)
$1 041[2]

MOI (2013) 0,607[3] (113de)  –  medium
Gini (2004) 33,59 –  medium
Geldeenheid Somoni (TJS)
Tydsone
 - Somertyd
TJT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .tj
Skakelkode +992

Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон, Toçikiston) is 'n bergagtige landingeslote land in Sentraal-Asië. In die suide grens die land aan Afghanistan, in die weste aan Oesbekistan, in die noorde aan Kirgisië en in die ooste aan die Volksrepubliek China. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot die Tadjiks, wat hul kultuur en geskiedenis met die Irannese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van die Sowjetunie geword as die Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.

Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.

  1. (en) "People and Society". Cia World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 14 Augustus 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Tadjikistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 14 Augustus 2014.
  3. (en) "2014 Human Development Report Summary" (PDF). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 14 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search